In 1994 I had the wonderful privilege of spending thirteen weeks in Russia, in the Ural region, training believers in different churches across nine towns.
In 1994 I had the wonderful privilege of spending thirteen weeks in Russia, in the Ural region, training believers in different churches across nine towns.
This mission was launched internationally by Campus Crusade for Christ in America, and hundreds of spiritual workers took part over different periods, all over Russia.
One of these towns was Pervouralsk.
There I taught people how to share their faith and how to lead someone to Jesus.
On the Saturday after class, I challenged them to take the Four Spiritual Laws booklets and talk with people in the town about their faith.
To my surprise, some of the Russians quickly objected: “No, no, Pieter, you cannot share your faith here in public. The Iron Curtain has only just fallen, and people are still living in the fear of communism. Things do not work so easily here.”
But that afternoon I took my two translators, and we went for a walk in the park.
We were able to speak with two or three people about their faith — and to our joy, all three responded positively to the Gospel.
The next day, we were glad to report back to the class: “It also works in Russia!”
People all over the world are searching and hungry for something, and the answer is found in Jesus Christ.
Lord, thank You that Your Word is alive and powerful wherever we share it.
Thank You that You touch hearts — whether in a park in Russia, or around a kitchen table in South Africa.
Fill us with new courage and conviction to share Your message, even when it seems that people do not want to hear it.
In Jesus’ Name. Amen.
Gedurende 1994 het ek die wonderlike voorreg gehad om dertien weke in Rusland, in die Oeralstreek, opleiding te gee by verskillende kerke in nege dorpe. Hierdie aksie is internasionaal geloods deur Campus Crusade for Christ Amerika. Honderde geestelike werkers het oor verskillende tye deelgeneem, regoor Rusland.
Een van hierdie dorpe was Pervouralsk.
Daar het ek o.a die mense geleer hoe om hul geloof te deel en iemand na Jesus te lei.
Die Saterdag ná klas het ek hulle gedaag om daardie middag die Vier Geestelike Wette-boekies te vat en met mense in die dorp oor hulle geloof te praat.
Tot my verbasing het ’n paar van die Russe onmiddellik gereageer: “Nee, nee, Pieter, jy kan nie hier in Rusland jou geloof in die openbaar deel nie. Die Ystergordyn het pas geval en almal leef nog onder die kommunistiese vrees. Dinge werk eenvoudig hier nie so maklik nie.”
Daardie middag het ek egter my twee tolke geneem en ons het in die park gaan stap.
Ons kon met twee of drie verskillende mense oor hul geloof gesels – tot ons vreugde het al drie positief gereageer op die Evangelie.
Die volgende dag kon ons met blydskap in die klas terugvoer gee: “Dit werk ook in Rusland!”
Mense regoor die wêreld het ‘n soeke en honger na iets en die antwoord lê by Jesus Christus.
Here, dankie dat U Woord lewend en kragtig is, waar ons dit ook al bring.
Dankie dat U harte aanraak, of dit in ’n park in Rusland is, of by ’n kombuistafel in Suid-Afrika.
Vul ons met nuwe moed en oortuiging om U boodskap te deel, selfs wanneer dit lyk of mense dit nie wil hoor nie.
In Jesus se Naam. Amen.
Fill in the form below.
We will get back to you as soon as possible.
Copyright © 2026 There is Hope Ministries. All rights reserved. | Powered by WebBest