There’s a tiny sea snail (Naticidae – also known as an oyster drill) with a sharp, rasp-like tool in its mouth called a radula. It drills a small hole into the shell and slowly sucks out the life inside – until nothing remains...
Have you ever seen an empty oyster shell lying on the beach – weathered and lifeless?
There’s a tiny sea snail (Naticidae – also known as an oyster drill) with a sharp, rasp-like tool in its mouth called a radula. It drills a small hole into the shell and slowly sucks out the life inside – until nothing remains.
In the same way, some people’s negative behaviour – like angry outbursts, impatience, harsh words, or unresolved pain – can act like a spiritual “drill” in your life.
If you’re not careful, their negativity can poke a small hole in your heart and slowly drain your joy, peace, and good attitude.
Proverbs 22:24 warns:
“Do not make friends with a hot-tempered person. Do not associate with one easily angered.”
Don’t let other people’s bitterness spill over into your life.
Don’t let them convince you to live with the same spirit of impatience, resentment, or criticism.
If you aren’t watchful, bitterness can quietly grow inside you – and before you know it, it can lead to a negative mindset and even sin.
Rather, commit yourself to God’s forgiveness, His plan, and His Word.
Let Him fill your heart, strengthen you, and protect you – so you don’t end up like an empty shell, but instead live a full life in Christ.
In my 37 years of ministry, I’ve heard many things – some encouraging, others sharp like barbed wire.
But you know what?
My joy doesn’t come from people’s approval or fancy titles.
My joy, my riches, and my reward come from seeing broken lives healed, hope returning to tear-filled eyes, and people’s stories changing when they meet Jesus.
May the Lord strengthen your heart, bless the work of your hands, and crown your efforts with eternal fruit.
Het jy al ooit ’n leë oesterskulp op die strand sien lê – verweer en sonder lewe?
Daar is ’n klein seewaterslak (Natisidae – ook bekend as ‘n oesterboorder), met ’n fyn, maar dodelike aanhangsel (radula) in sy mond, amper soos ’n rasper. Dit boor ’n klein ronde gaatjie in die oesterskulp en begin stadig die inhoud uitsuig totdat daar niks meer oor is nie.
Net so is daar mense wie se negatiewe optrede bv. woede-uitbarstings, ongeduld, kritiese opmerkings en onverwerkte pyn soos ’n geestelike “boor” kan wees.
As jy nie versigtig is nie, kan hulle negatiewe invloed ’n klein gaatjie in jou hart maak en stadigaan jou vreugde, vrede en goeie gesindheid uit jou onttrek.
Spreuke 22:24 waarsku:
“Moenie vriende maak met ’n humeurige mens nie. Bly ver weg van een wat ongeduldig is.”
Moenie toelaat dat ander se bitterheid in jou oorspoel nie.
Moenie dat hulle jou oortuig om met dieselfde gees van ongeduld, wrok of kritiek te leef nie.
As jy nie waaksaam is nie, begin bitterheid stil-stil in jou opborrel – en voordat jy dit besef, dryf dit jou tot negatiewe gesindheid en selfs sonde.
Wy jouself eerder aan God se vergifnis, Sy plan en Sy Woord. Laat Hy jou hart vul, versterk en beskerm – sodat jy nie soos ’n leë dop eindig nie, maar eerder ’n vol lewe in Christus.
In die 37 jaar wat ek al in die bediening staan, het ek al baie dinge gehoor – sommige bemoedigend, ander skerp soos doringdraad.
Maar weet jy – my vreugde lê nie in die goedkeuring van mense, of in spogtitels nie.
My vreugde, rykdom en beloning lê daarin om met my eie oë te sien hoe gebroke lewens weer heel word, hoe hoop terugkeer na hartseer oë, en hoe mense se stories verander wanneer hulle Jesus ontmoet.
Mag die Here jou hart versterk, jou handewerk seën, en jou arbeid met ewige vrug kroon.
Fill in the form below.
We will get back to you as soon as possible.
Copyright © 2026 There is Hope Ministries. All rights reserved. | Powered by WebBest