When I look back over my life, it becomes clearer and clearer to me that the Lord’s hand has been over me for a long time — even before I personally knew Him as my Lord and Saviour.
When I look back over my life, it becomes clearer and clearer to me that the Lord’s hand has been over me for a long time — even before I personally knew Him as my Lord and Saviour.
I would like to share one such experience with you, which has become a deep testimony to me of His protection.
Many years ago, during a visit to Barberton, I went for an early morning run in the mountains. The jeep track wound its way through dense, green vegetation.
What started as a peaceful exercise session suddenly turned, within moments, into a life-threatening encounter.
I was running quickly downhill when I had to slam on the brakes. Right in front of me stood a large mamba, raised up, its head almost level with my face. In that moment, I knew that one wrong move could cost me my life. My heart pounded in my chest, and I knew that if it struck, it would be fatal. We were less than a meter apart.
As I had learned as a young man in the army, I instinctively threw my weight back and came to an almost immediate stop.
What happened next has remained remarkable to me: the snake did not strike. Instead, it lowered its head and quietly disappeared into the bushes.
With all my heart, I believe this was not mere coincidence. I am convinced that the Lord protected and preserved me that day, because there is still a purpose He wants to fulfil through my life.
This experience made me deeply aware of how fragile life is, but also how faithful God is. He protects, He preserves, and He provides — even when we do not always notice it.
It is very precious to me to see how multiplication is truly taking place — how my online disciples are going out themselves and reaching people in places where I cannot go. The Gospel is moving beyond my own hands and feet. • “Yesterday I applied the Four Spiritual Laws in evangelism, and 18 people gave their lives to Jesus and I prayed for them.” G
Please pray with me that the fruit of our ministry will continue to grow for the glory of the Lord.
Just as the Lord protected me from the mamba, I pray that you will also be encouraged to remember: the Lord is near, He watches over you, and He is still working with purpose in each of our lives.
Wanneer ek terugkyk oor my lewe, raak dit vir my al hoe duideliker dat die Here se hand lank reeds oor my was — selfs voordat ek Hom persoonlik geken het as my Here en Verlosser.
Ek wil graag een so ’n ervaring met jou deel wat vir my ’n diep bewys geword het van Sy beskerming.
Jare gelede, tydens ’n besoek aan Barberton, het ek een oggend in die berge gaan hardloop. Die jeepad het gekronkel deur digte, groen plantegroei.
Wat as ’n rustige oefensessie begin het, het binne minute omgeswaai in ’n lewensgevaarlike oomblik.
Ek het vinnig die berg af gehardloop, maar moes blitsvinnig remme aanslaan. Reg voor my het ’n groot mamba regop gestaan, sy kop byna dieselfde hoogte as my gesig. In daardie oomblik het ek geweet dat een verkeerde beweging my lewe kon kos. My hart het in my bors geklop en ek het geweet as hy my sou pik, dit noodlottig sal wees. Ons was minder as ’n meter van mekaar af.
Soos ek as jongman in die weermag geleer het, het ek instinktief my gewig teruggegooi en amper onmiddellik tot stilstand gekom.
Wat daarna gebeur het, bly vir my merkwaardig: die slang het nie aangeval nie, maar sy kop laat sak en stilweg in die bosse verdwyn.
Ek glo met my hele hart dat dit nie bloot toeval was nie. Ek is oortuig dat die Here my daardie dag beskerm en bewaar het, omdat daar nog ’n doel is wat Hy deur my lewe wil vervul.
Hierdie ervaring het my diep laat besef hoe broos die lewe is, maar ook hoe getrou God is. Hy beskerm, Hy bewaar en Hy voorsien — selfs wanneer ons dit nie altyd raaksien nie.
Dit is vir my so kosbaar om te sien hoe vermenigvuldiging werklik plaasvind — hoe my aanlyn dissipels self uitgaan en mense bereik op plekke waar ek nie kan kom nie. Die evangelie beweeg verder as my eie hande en voete. • “Yesterday I applied the Four Spiritual Laws in evangelism, and 18 people gave their lives to Jesus and I prayed for them” G
Bid saam met my dat die vrug van ons bediening net sal aanhou groei tot eer van die Here.
Soos die Here my teen die mamba beskerm het, bid ek dat jy ook bemoedig sal wees om te onthou: die Here is naby, Hy waak ook oor jou, en Hy werk steeds met ’n doel in elkeen van ons se lewens.
Fill in the form below.
We will get back to you as soon as possible.
Copyright © 2026 There is Hope Ministries. All rights reserved. | Powered by WebBest